GESKRYF DEUR UDO KARSTEN

 

In die wêreld, maar nie van die wêreld nie

 

"It seems relatively pointless to extol the attractiveness of the Christian faith, if this is not accompanied by a deadly serious effort to discover why it so obviously unattractive to so many people. There is a reluctance to listen to those outside the community of faith, in order to learn why they are outside that community."

 Alister McGrath

 

Wat ons sien as ons na mense kyk wat nie Christene is nie? Sien ons mense wat hardkoppig aan hulle sonde vashou en nie die knieg wil buig voor ʼn morele God nie? Sien ons dalk mense wat net weer moet hoor, net nog ’n beter, duideliker aanbieding van die evangelie moet kry sodat hulle tot geloof kan kom? Sien ons mense wat van hulle intellektuele meewaardigheid moet afstand doen (wie se skanse selfs deur goeie apologetiese argumente grond toe gebring kan word), omdat God slegs in ʼn plek van nederigheid ontmoet kan word?

 

Daar is waarskynlik, tot ʼn mindere of meerdere mate, waarheid in elk van die bogenoemde opinies oor mense wat nie in die Christelike geloof deel nie. Bepaalde lewenswyses, wanbegrip van die evangelie, misplaaste intellektuele trots – dit alles kan ʼn rol speel vir waarom mense die Christelike geloof met agter¬dog of selfs met openlike vyandigheid bejeën. Elkeen van hierdie sake (en enige ander) moet en kan op die regte manier deur Christene aan¬gespreek word.

 

Maar is die grootste rede vir mense se skeptisisme nie eerder die afwesigheid van Christene met lewensverruimende betrokken¬heid op alle vlakke van die samelewing nie? Ellis Potter vra die vraag so:

“Verbeel jou Christene gaan in die stad uit en vra enige 10 mense hierdie vraag: ‘As jy vandag ’n Christen sou word, dink jy dat jou lewe groter, voller, ryker sal word, meer betrokke by mense en die omstandighede rondom jou? Of dink jy jou lewe sal kleiner wees, enger, meer teruggetrokke, minder betrokke by die mense om jou?’ Wat dink jy sal hulle antwoord wees? Jesus het gesê hy het gekom om ons oorvloedige lewe te gee, nie ’n gesorteerde lewe nie. Ons moet die sout van die aarde wees, nie van die hemel nie. Ons moet die lig van die wêreld wees, nie van die lug nie. Ons is nie veronderstel om bymekaar te kom om op mekaar te skyn nie, maar om uit te gaan in die wêreld en in die donkerte te skyn, smaak te gee, die verrottende kultuur van verderf te bewaar. Die meeste mense dink die Christelike lewe is ʼn kleiner lewe. Waar het hulle aan so ʼn idee gekom? Hoekom het ons dit so aan hulle gewys?”

 

Soms dink Christene dat hulle vasgevang is in ‘n teenstrydige dilemma: ons is in die wêreld, maar nie van die wêreld nie – so hoe nou ge¬maak? Die feit is dis nie ʼn dilemma nie, maar ʼn dubbele opdrag: 1) wees (sout en lig) in die wêreld, en 2) wees nie van die wêreld nie.

 

Natuurlik is dit ook ʼn uitdaging. Soms voel ons bedreig, raak ons onseker en wil ons hals¬oorkop vlug uit die wêreld. Soms raak ons opstandig en veg ons hand en tand teen die wêreld, maar bring ons dikwels in die proses net seer en bied ons geen oplossing met ons oordrewe pessimisme nie. En ander kere raak ons eenvoudig moeg en volg ons die pad van die minste weerstand deur maar toe te gee aan die wêreld se manier van doen en dink.

 

Die feit is dat om onnadenkend te vlug, te veg of toe te gee, nie net die eerste opdrag verontagsaam nie, maar dit laat blyk dat ons ook nie eintlik waarde heg aan die tweede opdrag nie. Want wat beteken dit om nie van die wêreld te wees nie? Dit beteken dat wat vir ons as Christene belangrik is (liefde vir God en mense) anders is as wat vir die wêreld belang-rik is. En dis slegs wanneer ons volgens wat belangrik is begin om in hierdie wêreld, tussen hierdie wêreld se mense, anders te dink en te leef (spesifiek te wys dat ons werklik vir hulle omgee), dat ons ander kan help om ook te sien wat belangrik is en hoe dit ware vervulling meebring.

“‘n Mens se gedagtes lê baie diep – soos die water onder in ‘n put. Maar iemand wat verstandig is, kan ‘n ander se gedagtes na die oppervlakte bring.” (Spreuke 20:5, Die Lewende Bybel)

Dialogue is not simply an exchange of ideas. In some way it is an "exchange of gifts." There is a close relationship between prayer and dialogue. Deeper and more conscious prayer makes dialogue more fruitful. If on the one hand dialogue depends on prayer, so, in another sense, prayer also becomes the ever more mature fruit of dialogue.

 

 - Pope John Paul II

 info@dialoog.co.za