GESKRYF DEUR UDO KARSTEN

 

LIEF VIR GOD – MET JOU HELE VERSTAND

 

“A mind is a terrible thing to waste.”

 

Van alle mense behoort Christene die implikasie van hierdie sinspreuk die beste te verstaan. Want om na die beeld, die gelyk¬enis van ’n oneindige, ewige en persoonlike God geska¬pe te wees, gee onmeetbare waarde aan ’n mens se in¬tel¬lektuele lewe. Die Christen wat daarna strewe om sy of haar verstand te ontwikkel is eintlik besig met ’n daad van aanbidding teenoor hierdie on¬ein¬dige, ewige God wat bewuste wesens en alles an¬ders in die heelal ge¬maak het. Die ontwikkeling van die verstand tot ver¬heer¬liking van God, het ewigheidswaar¬de, juis omdat die siel die dood oorleef. Die Bybel leer ons nie net om morele deugde te beoefen nie, maar ook die intellek¬tuele deugde. Gelowiges word aange¬spoor om “wys¬heid, kennis en begrip” na te strewe ter¬wyl hulle ge¬grond bly in die vrees van God.1 Onderskei¬ding, re¬flek¬sie, toetsing en verstandelike vernuwing is alles By¬bel¬se opdragte wat edel karakter en onafsien¬bare seën¬inge meebring vir Christene wat daaraan gehoor gee.2

 

Iemand het oor rentmeesterskap van die verstand die volgende gesê: “It is man’s glory to be the only intel¬lec-tual animal on earth. That imposes upon human be¬ings the moral obligation to lead intellectual lives.” Afge¬sien daarvan dat die leef van die intellektuele lewe God ver-heerlik, dra dit ook ’n onmiskenbare boodskap na ’n skep-tiese wêreld uit: Om ’n Christen te wees beteken nie om die intellek op te gee nie.

 

Een van die belangrikste opdragte in die Bybel aan Chris-tene is om spesifiek om te sien na die armes, die minder bevoorregtes. In terme van evangelisasie gee Christene spesifiek aan hierdie groep (veral die onge¬skoolde Derde wêreld) prioriteit en dit is ook goed so. Die probleem is egter dat hulle dikwels as die ‘maklike probleem’ beskou word. Dat die armes en ongeleerdes dikwels meer ontvanklik is vir die evangelie, het egter niks met die onbelangrikheid van die intellek te doen nie. Sulke mense is waarskynlik bloot in ’n posisie om meer instinktief en gouer te besef hoe afhanklik hulle eintlik van God is. Baie Christene mag egter voel dat dit juis sommige hoogs geleerde mense se intellek is wat in die pad staan daarvan om hulle vir Christus te bereik. Maar wat ook al die geleerde se intellektuele besware mag wees is, vir die aktiewe intellek wat aan God eer wil bring, is dit eerder ’n geleentheid om te wys hoe Chris¬¬¬tus ook in ’n kragtige intellektuele lewe ont¬moet kan word. Die geleerde apostel Paulus leer dat vir kom¬munikasie om plaas te vind, ons mense moet ontmoet waar hulle is. Dit beteken ook daar waar hulle is op ’n intellektuele vlak.

 

Aan een ding hoef ons nooit te twyfel nie. Die intellek¬tuele lewe is in absolute harmonie met geloof in God. Daar is iets ongesond en byna oneerlik aan ’n geloof wat wegskram van kritiese en intellektuele vrae. Kan ons werklik heelhartig in God glo en terselfdertyd bely dat ons slegs kan aanhou met glo deur te weier om die besware teen ons geloof in oënskou te neem? Sulke “geloof” is gevaarlik naby aan ’n halfbewuste oortuiging dat God miskien nie regtig bestaan nie, te same met die strewe om hierdie feit liefs vir onsself weg te steek. (Dit beteken natuurlik nie dat om ’n Christen te kan wees ie¬mand eers spesifiek in staat moet wees te verduidelik hoekom die Christelike geloof waar is nie. Chris¬tene moet egter ten minste bewus wees dat daar wel redes is vir die waarheid van wat hulle glo.)

 

’n Egte en gesonde geloof hoef nie weg te deins van ’n proses van intellektuele ondersoek nie. Dit sal die toets deurstaan. As ons regtig glo dat die God wat bestaan ook die intellek geskep het, dan hoef ons nie bang te wees om ander sienings te ondersoek of na ander se probleme en besware te luister nie. Ons geloof sal deur so ’n proses van intellektuele ondersoek verdiep en ver¬sterk word. Geloof wat so ’n proses oorleef sal dan nie maar net bevooroordeelde opinie wees nie, maar berede¬neer¬¬de oortuiging wat steeds altyd bereid sal wees om te toets wat in twyfel staan. Meer nog, deur na ander te luister en te soek na gemeenskaplike gronde waar ons die gebiedende waarheid van ons geloof kan uit¬wys, staan ons die kans om iemand as ’n vriend oor te wen. En miskien selfs later die geleentheid waar die Heilige Gees so ’n persoon as broer of suster in Christus sal oorwen.

 

1 Job 28:28; 34:4; Ps. 111:10; Spr. 1:7; 9:10

2 Hand. 17:11; Rom. 12:2; 1 Kor. 14:29; Kol. 2:8; 1 Tess. 5:21

 

Brethren, do not be children [immature] in your thinking; continue to be babes in [mat¬ters of] evil, but in your minds be mature [men]. 

(1 Corinthians 14:20  THE AMPLIFIED BIBLE)

 

 

 

Dialogue is not simply an exchange of ideas. In some way it is an "exchange of gifts." There is a close relationship between prayer and dialogue. Deeper and more conscious prayer makes dialogue more fruitful. If on the one hand dialogue depends on prayer, so, in another sense, prayer also becomes the ever more mature fruit of dialogue.

 

 - Pope John Paul II

 info@dialoog.co.za